Een boekeredakteur vir Media24

Home Forums Pennevrugte Een boekeredakteur vir Media24

This topic contains 1 reply, has 2 voices, and was last updated by  Torm 6 years, 7 months ago.

Viewing 2 posts - 1 through 2 (of 2 total)
  • Author
    Posts
  • #87

    Dan Roodt
    Participant

    Die aanstelling van slegs een boekeredakteur vir al Media24 se koerante (Beeld, Volksblad, Die Burger, Rapport) het heelwat reaksie van skrywers ontlok. Wat dink u?

    #148

    Torm
    Participant

    Soos ek al elders betoog het: Die hoofstroom-publikasiebedryf is gevange en nie-reaktief. Veral in jeuglektuur maar ook elders word daar nie gepubliseer wat nodig is om Afrikaans te laat leef nie, maar eerder wat binne hul beperkte eie vermoë gemaklik is. Die Afrikaanse kinders wat in elk geval lees, lees maar uit gewoonte maar die res is vir die mark verlore. Die visie wat publishers in Engeland en Amerika gehad het om ‘n JK Rowling en ‘n Stephanie Meyers die eerste kans te gee en so Engels in ‘n nuwe geslag se harte te verewig, ontbreek hier.
    Uit daardie perspektief is dit heeltemal logies dat die “establishment” in hul gemaksone sal konsolideer en net een redakteur sal wil aanstel.
    Hallo ek is Torm. Gehoor van hulle by Carpe Noctem. Ek skryf hoofsaaklik gedigte en jeuglektuur. Kan nie die jaarvergadering bywoon nie, maar hier is ek. 🙂

Viewing 2 posts - 1 through 2 (of 2 total)

You must be logged in to reply to this topic.