Tuis

Simposium oor: AFRIKAANSE LETTERKUNDE IN DIE DIGITALE TYDVAK

Wanneer: 23 Junie om tienuur die oggend.die gesprek oor Afrikaanse letterkunde in die digitale tydvak hou by die volgende adres:

Waar: Centurion- munisipale raadsaal, Jeanweg, Centurion (ou Verwoerdburg)

Die volgende onderwerpe sal bespreek word:

Oorsig oor e-boeke, met verwysing na die internasionale toneel

Die veranderende rol van die skrywer en die uitgewer

Poësie en sosiale media

Die stand van e-boeke in Afrikaans

Selfpublikasie: die nuwe mode?

Identiteitsvorming op die internet

E-boekstandaarde en apparatuur: e-lesers, tabletrekenaars, e-boekorganiseerders, ens.

Laat weet asseblief indien u van plan is om dit by te woon deur ‘n e-pos te stuur aan: karin[aapstert]pretoriapen.co.za.


Sluit aan by Pretoria-PEN! Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan karin[aapstert]pretoriapen.co.za

Onderhoud met Dan Roodt oor Pretoria-PEN op LitNet

“Oor die afgelope dekade of langer is die meeste Afrikaanse skrywers en intellektuele begaan oor die agteruitgang van Afrikaans en die vertrapping van ons taalregte deur die owerheid en deur die privaat sektor. Maar ook PEN Internasionaal beskik oor ’n vertaling – en taalregtekomitee wat taalregte bevorder en ons sou wou sien dat Suid-Afrika afsien van sy koloniale “slegs Engels”-houding en kennis neem van die ontwikkeling van taalregte oor die afgelope twintig of dertig jaar.” Lees hier verder.

Wat is PEN?

PEN (Poets, Essayists, Novelists) is ‘n internasionale skrywersorganisasie met 144 sentra in 101 lande. Die Pretoria-PEN is die enigste sentrum waarvan die voertaal Afrikaans is.

Ons beywer ons vir:

  • die Afrikaanse letterkunde
  • spraakvryheid
  • taalregte

Die Pretoria-PEN is in 2004 gestig en is tydens die Berlynse kongres van PEN vanaf 22 tot 28 Mei 2006 tot die internasionale organisasie toegelaat.

Ons is ook lid van die Taalregtekomitee van PEN-internasionaal.

Klik op Nuus hier bo vir die jongste gebeure wat boeke en skrywers betref.